Die Muishuis: By die teater: Boek 3 (Hardback)

R160.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description

Karina Schaapman (op 6 Junie 1960 gebore in Leiden) is 'n Nederlandse skrywer en politikus. Sy debuteer in 2000 met Schoolstrijd, gevolg deur Zonder moeder in 2004. In 2008 besluit sy om 'n kinderboek te skryf. Sy was egter nog nie seker hoe sy dit sou illustreer nie. Ter inspirasie lees sy toe weer haar gunstelingkinderboek: Het muizenboek van Clinge Doorenbos. Dit was die enigste kinderboek wat Karina as kind in die huis geken het. Karina het die tekeninge van Nans van Leeuwenbekyk en gedink dat sy miskien 'n regte muishuis kon bou. Sy begin toe met 'n lapwerk-kwilt. Daarna volg vinnig 'n bedjie, en toe sommer 'n hele kamer. Toevallig het daar 'n lee kartondoos in haar huis gestaan. Sy verdeel toe die doos in verskillende woonvertrekke en so onstaan langsamerhand die eerste kamers van die Muishuis. Toe Karina sien dat dit werk om haar idees daadwerklik om te skakel in 'n regte muishuis, begin sy meer lemoendose versamel. Sy het hulle deurgesny, met houtlym aanmekaar vasgeplak, opmekaargestapel en aangebou. Sy moes die huis met papier mache versterk. Terwyl sy besig was om die kamers te bou en in te rig, moes Karina begin dink oor die stories wat sy vir kinders wil skryf. Elke kamer moes sy eie verhaal vertel. Die Muishuis bevat baie outobiografiese elemente. Uit Karina se lewe en ook die van haar man. So het haar eggenoot byvoorbeeld gereeld by sy oom die rommelboer gaan kuier. In die boeke behandel Karina onderwerpe wat belangrik is vir die belewingswerelde van kinders soos om hutte te bou, geheime te deel, liefde te kry en versorg te word. Maar ook: om die wereld van die bure te leer ken. Te ontdek dat andermansgebruike en -gewoontes nie bedreigend hoef te wees nie, dat daar ruimte is vir verskille en dat die verskille die wereld verryk. Die Muishuis word tentoongestel in die Openbare Biblioteek in Amsterdam. Dieboekereeks is intussen in vyf-en-twintig tale verkrygbaar. Karina het saam met haar kinders 'n familiebesigheid begin en saam werk hulle elke dag aan nuwe stories en dekor vir die boeke. Shane Kleyn het 'n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is sedert April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sy het meer as 60 kinderboeke uit Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books

Additional Information

Brand:
Protea Boekhuis
View AllClose