Die Vaart Van Die Dagbreker

  • Die Vaart Van Die Dagbreker
  • Die Vaart Van Die Dagbreker
R180.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description

Alhoewel die eerste vier boeke in die wereldbekende Kronieke van Narnia met verloop van tyd drupsgewys en deur verskillende uitgewers in Afrikaans vertaal is, is Protea Boekhuis se publikasie van Die vaart van die dagbreker 'n eerste: Dis nie net die vyfde titel in die reeks se debuut in Afrikaans nie, maar ook die eerste van Kobus Geldenhuys se uitmuntende vertalings wat uiteindelik al sewe boeke in die reeks onder die Protea-vaandel sal verenig. In Die vaart van die dagbreker beland Edmund en Lucy Pevensie saam met hulle mislike nefie Eustace Scrubb aan boord van die dagbreker - die skip waarmee Prins Kaspian onderweg is na die eensame eilande op soek na die sewe lords van Narnia wat jare gelede spoorloos verdwyn het. Op die gevaarlike reis trotseer hulle allerlei uitdagings- maar die droom om tot by Aslan se land aan die einde van die wereld te seil bly groter as enige vrees vir die onbekende.

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books

Additional Information

Brand:
Protea Boekhuis
View AllClose