Die wereld van die storie

R350.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description

Agter hierdie boek le die verwondering oor ons vermoe om stip na letters op papier te kyk en dan te ervaar dat ons 'n ander wereld betree. Hoe kry ons dit reg om na aanleiding van die woorde wat ons lees, nie alleen inligting te bekom nie, maar 'n hele wereld tot stand te verbeel en daarheen te reis? Wat is die rol van die teks hierin? Wat is die rol van die leser? Waarom doen ons dit? Hoe help 'n begrip van ons reise na storiewerelde om ons "leefwereld" beter te verstaan? 'n Fokus op die werelde van stories maak dit moontlik om tekste krities binne hulle kontekste te lees, sonder om die spesifiekheid van elke teks te verwaarloos of om die betowering van storiewerelde te verloor. Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die outeur van talle navorsingsartikels in verskeie akademiese tydskrifte en was ook as redakteur by publikasies oor vooraanstaande Afrikaanse skrywers betrokke: Sluiswagter by die dam van stemme (2002 - saam met Helize van Vuuren) oor Karel Schoeman; Die oop gesprek (2006) oor N.P. van Wyk Louw; en Contrary: Critical responses to the novels of Andre Brink (2013 - saam met Karina Szczurek). Willie het die Caxton Excellence Award in 2015 vir sy resensies in Vrouekeur ontvang, en in 2016 die kykNet-Rapport-toekenning as "Boekresensent van die jaar". Met sy resensies en rubrieke oor die letterkunde in verskeie populere publikasies probeer hy om literere navorsing ook buite die grense van die akademie te versprei.

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books

Additional Information

Brand:
Van Schaik
View AllClose