Sasha Word Stil

R130.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 140 boeke vir tieners, kinders en kleuters! Talle van Jaco se boeke, soos sy tienerromans Suurlemoen! en Perfek, is topverkopers, en twee van sy boeke is reeds verfilm. Meer as 'n miljoen kopiee van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die CP Hoogenhoutmedalje, die Exclusive Books/IBBY-prys, die Tienie Hollowaymedalje en 24 ATKV-Kinderboektoekennings. In 2018 word twee van sy boeke wereldwyd in Engels uitgegee: A Good Day for Climbing Trees en A Good Night for Shooting Zombies. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, 'n kat en 'n troetel-luislang. Angela Banks is 'n kunstenaar wat in Johannesburg bly en werk. Sy verwerf in 1999 'n BA in kuns en in 2003 haar meestersgraad daarin by die Universiteit van Pretoria. Sy het al in Frankryk en China gebly en daar uitgestal. Sy het al aan verskeie groepuitstallings deelgeneem en ook 'n aantal individueel gedoen. Angela verf in olie en waterverf en teken ook met steenkool en potlood.

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books

Additional Information

Brand:
Lapa
View AllClose