Uit die Hart van ’n Vrou

R300.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description

Die tema is relevant: Wat doen 'n mens wanneer jy sestig is en jou huwelik is morsdood? Die helende krag van susterskap wat vroue help om met hulle unieke probleme huis te hou. Lesers kan met die spesifieke probleme wat uitgelig word identifiseer: alkoholisme, narsisme, chauvinisme, geweld en rokjagters. Die vraag kom na vore of 'n alkoholis gerehabiliteer kan word en die unieke probleme wat uit 'n jarelange verslawing voortspruit. Verhoudings tussen ouers en kinders word aangespreek en belig: Wanda het nie 'n goeie verhouding met haar dogter nie en haar man, Sephus, het weer nie 'n goeie verhouding met hulle gay seun nie. Aan die ander kant is daar die gemis aan kinders, want Claire en haar man kon nie kinders he nie a.g.v. 'n aborsie in haar jeug wat skeefgeloop het. Haar skuldgevoel is allesoorheersend omdat sy vas glo dat Kris begin drink het as gevolg van bg. rede. Vir byna die volle duur van die verhaal beoefen Wanda die beleid van 'n toe mond is 'n heel mond totdat die konflik met haar man 'n krisis bereik. Sy vra hom vir 'n egskeiding en 'n volskaalse verbale en fisieke aanranding volg waartydens Wanda hom uit selfverdediging doodskiet. Sy kry 'n opgeskorte vonnis en moet gemeenskapsdiens verrig, maar dis vir haar verkieslik bo 'n dooie huwelik. De Wet se sterk punt is ironie. Een voorbeeld: "Dit was die enigste keer dat sy hospitaal toe moes gaan met 'n gebreekte rib. Dit het nooit weer gebeur nie." Die skrywer is net so knap wat humor in 'n moeilike situasie betref. Sy laat die leser meer as een keer glimlag wanneer Wanda se woede jeens Sephus en sy minnares oorkook.

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books

Additional Information

Brand:
Lapa
View AllClose