Brandmerk C/F

* Read Our FAQ Here

58% OFF
Now: R230.00
Was: R546.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description


Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in.

Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe werk. Klara moes self die stukkies van haar lewe optel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige.

Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Dimensions : Not Specified
Format : Not Specified
Age Group : Not Specified
Page Numbers : Not Specified

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books New Arrivals Best Sellers